0:00
0:00

Save as Playlist     Clear     Source: YouTube

Share with your Friends
Jy Is Te Dierbaar by Laurika Rauch

Artists


Album Info

Release Date: 1983

Label: Panorama

Rauch was reeds voor sy skool is, lid van Hannes Uys, Pieter-Dirk Uys se pa, se sanggroep. Sy was 'n leerling aan die Laerskool Groote Schuur en studeer in die jare sewentig drama aan die Universiteit Stellenbosch. Reeds tydens haar studie tree sy op Suid-Afrikaanse televisie op, onder andere met toonsettings van Ingrid Jonker se gedigte. Gedurende hierdie jare begin sy ook naam te maak as vertolker van die werk van die Brusselse liedjieskrywer Jacques Brel.

In 1979 word haar vertolking van Koos du Plessis se Kinders van die Wind 'n treffer. Sy tree ook buite Suid-Afrika op in onder meer België, Nederland, Engeland, Tsjeggië en Duitsland. In April 2016 het pres. Jacob Zuma die Orde van Ikhamanga (in brons) aan haar toegeken.[1]

Sy is getroud met die liedjieskrywer Christopher Torr. Die egpaar het twee kinders, Nina en Simon.